Afrikaans

Die A.R.T. Life Fertiliteitseenheid is in 1982 gestig as die eerste privaat in vitro bevrugtingskliniek in Suid-Afrika.  Die kliniek se eerste swangerskap is in 1983 behaal.

Die kliniek is geleë in Kempton Park, ‘n voorstad van Johannesburg.  Dit is 8 km van die Johannesburg O R Tambo lughawe.  Die kliniek is deel van die moderne toegeruste Birchmed Surgical Centre.

Nabygeleë huisvesting vir besoekers wissel van vyfster internasionale hotelle tot bekostigbare B & B’s of selfdiens akkommodasie.  Almal is naby die A.R.T. Life Fertiliteitseenheid.

Infertiliteit

Infertiliteit word beskryf as die onvermoë om swanger te word na een jaar onbeskermde geslagsgemeenskap.

Na raming ondervind een-derde van egpare wêreldwyd infertiliteit.

In 40% van gevalle is die probleem hoofsaaklik geleë by die man, 40% by die vrou en in 35% van gevalle is meer as een faktor betrokke.  In 10% gevalle kan geen oorsaak gevind word nie, ten spyte van omvattende toetse.

Dit is daarom belangrik dat beide die man en vrou deeglik ondersoek word.  Met die regte diagnose kan die mees geskikte behandeling aangebied word.

Faktore wat bydra tot infertiliteit:

Ouderdom:  Beide mans en vrouens is op hulle vrugbaarste in die vroeë twintiger jare.  Vrugbaarheid neem met ouderdom geleidelik af tot 34 jaar en  daarna neem dit veel vinniger af.  Soos ouderdom toeneem word chromosomale  afwykings meer in die manlike sperme en ook in die bevrugte vroulike eier – die embrio.  Sulke chromosomale afwykings veroorsaak mislukte behandeling.  Pre-inplantasie genetiese diagnose (PGD) toetse kan op embrios gedoen word om chromosomale afwykings aan te toon.  Embrios sonder afwykings kan dan gekies word om in die uterus ingeplaas te word.  So ontwikkel ‘n gesonde baba dan in die uterus.

Frekwensie van gemeenskap: Hoe meer dikwels gemeenskap plaasvind, hoe groter is die kans op ‘n swangerskap.

BlootstellingIndien alle faktore gunstig is sal swangerskap ongeveer soos volg voorkom:

  • 25% pare sal binne die 1ste maand ‘n swangerskap verwek.
  • 75% pare binne 9 maande
  • 90% pare binne 18 maande.

Behandeling

Ons verantwoordelikheid is om u te help om infertiliteit te oorkom om u eie gesonde babatjie te kan hê.

Die rede vir ondersoeke is om vas te stel of:

  • Die ovaria (eierstokke) eiers (oösiete) kan produseer.
  • Die sperme die vermoë het om eiers te bevrug, en
  • Die pad tussen die sperme en die eier oop en funksioneel is sodat die twee by mekaar kan uitkom.

Die doel van die behandeling is om u sperme en die eiertjies te help sodat hulle kan bind en deur bevrugting ‘n embrio te kan vorm wat tot u gesonde baba kan lei.

Behandelings opsies

  • IUI (Intra-uteriene inseminasie)
  • KI (Kunsmatige inseminasie)
  • IVB (In vitro bevrugting)
  • ISSI (Intra sitoplasmiese sperm inspuiting met mikromanipulasie).
  • TESE (Testikulêre sperm onttrekking en sperme bevriesing)
  • Bevriesing van surplus embrios
  • Donor gameet bevrugting
  • Surrogasie.

Pasiënte het die keuse om behandelingsprosedures te ondergaan met lokale verdowing, bewuste sedasie of algemene narkose wat uitgevoer word deur ‘n gekwalifiseerde spesialis narkotiseur in ‘n ten volle toegeruste teater.

Pryse Vir Behandelings

Pryse is in ZAR (dit sluit koste vir die Birchmed Kliniek en koste vir medikasie uit).

IVF Behandeling

Dit sluit alle konsultasies gedurende ‘n aktiewe siklus van behandeling in asook een sonar ondersoek tydens stimulasie en een sonar tydens die 7de week van swangerskap.

Kontrak Vir 3

3 Standaard IVB behandelings in dieselfde jaar. Behandeling met oösiet (eier) aspirasie nieteenstaande die uitkoms van die siklus. Die kontrak eindig met die geboorte van ‘n lewende baba.

Laer Koste Stimulasie Is Beskikbaar Op Aanvraag

Begin Nou

Kontak : www.fertilitylife.co.za

of

Dr A M Aikman, hoof van die eenheid, by die volgende telefoonnommer: + 2711976-3039

(Pryse Geldig Vir Oktober 2018.  Pryse mag verander na gelang van wisselkoers)